Contact
Find an Adviser
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

Our research approach builds diversified portfolios, guided by long-term thinking. Invest with insight. Invest with PSG Asset Management.

See Overview
investors

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
    For Professional Investors
    Contact

For Myself

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

For My Business

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access
Find an Adviser

Start typing to search psg.co.za

18

September 2023

Die wesenlike waarde wat ʼn finansiële adviseur toevoeg

Jac de Wet, CFP

Jac de Wet, CFP

PSG Wealth

ʼn Baie belangrike besprekingspunt in ons bedryf gaan oor die waarde van finansiële advies en of jy, as ʼn kliënt of belegger, werklik beter daaraan toe is as jy ʼn finansiële adviseur het. Bedryfstudies wat daarop gemik is om die waarde van finansiële advies te kwantifiseer, het bevind dat die gebruik van ʼn finansiële adviseur wesenlike, kwantifiseerbare voordele inhou.
Newsletters Wealth Investments Wealth Management Afrikaans
Die wesenlike waarde wat ʼn finansiële adviseur toevoeg

Kontak gerus Jac De Wet direk, PSG Wealth adviseur.

Hoe waarde aan ʼn kwalitatiewe faktor gekoppel kan word

Die waarde van advies is ʼn ingewikkelde konsep om te kwantifiseer. Finansiële beplanning of advies sluit baie meer in as om beleggingsbesluite te neem. Die vertrekpunt is ʼn deeglike begrip van kliënte se persoonlike en finansiële omstandighede – insluitend hul inkomste, beleggings, gesinsdinamika en persoonlike doelwitte.

Adviseurs word dikwels (verkeerdelik) net gemeet aan beleggingsprestasie, waar portefeulje-opbrengste eenvoudig met markopbrengste vergelyk word. Wat ook oorweeg moet word, is die waarde van ander dienste wat deur finansiële adviseurs gelewer word met betrekking tot kostebesparings, belastingbesparings en die voorkoming van finansiële foute (insluitend risikodekking, testamente, boedelbeplanning, leiding om gedragsvooroordele te oorkom, ens.). Dit is hier waar die werklike waarde toegevoeg word.

Hoe finansiële adviseurs vir hul waardetoevoegingsdienste vergoed word

ʼn Adviseur vra gewoonlik ʼn bestuursfooi op ʼn portefeulje, wat ʼn persentasie is van die bates wat bestuur word. Dit is die beleggingsbestuursaspek van finansiële beplanning. Die bestuursfooi op die bestuurde bates is die vergoeding, en dit is bloot ʼn meganisme om vir dienste te betaal. Die ander dienste wat gelewer word, word egter dikwels bloot by hierdie fooi ingesluit.

Ons het onlangs vir ʼn kliënt beplanning gedoen en sy portefeulje herstruktureer. Dit het omvattende advies oor die hele finansiële beplanningspektrum ingesluit. Met belastingdoeltreffende beplanning het ons die kliënt gehelp om ʼn baie groot besparing te kry. Hier het ons kliënt direk baat gevind by die waarde van ons advies. Ons het nie vir hom ʼn rekening gestuur vir hierdie werk en advies nie, maar ons is vergoed by wyse van die bestuursfooi op die bates wat ons deurlopend bestuur.

Nog ʼn voorbeeld is waar ʼn sake-eienaar se persoonlike risikodekkingspolisse deeglik hersien en aangepas is om omvattende dekking vir alle toepaslike risiko’s – op besigheids- én persoonlike vlak – te verseker. ʼn Ernstige siekte is kort daarna by hom gediagnoseer en hy kon nie werk nie. Danksy hierdie beplanning, waarvoor daar geen betaling/rekening was nie, is die oorlewing van sy besigheid en ook die waarde van sy sakebelang beskerm. Hierdie voorbeeld illustreer duidelik watter voordeel holistiese finansiële beplanning inhou.

Met beleggingsportefeuljes is dit eenvoudig. Wanneer beleggingsportefeuljes bestuur word en die adviseur vra byvoorbeeld ʼn fooi van 1% op die bates onder bestuur, en danksy die advies vaar die portefeulje 4% beter as die breë mark of indeks, het die kliënt ʼn netto waarde van 3% gekry vir die 1% wat hy betaal het.

ʼn Maatstaf vir die waarde van waardetoevoegingsdienste

In die beleggingswêreld word daar gepraat van alfa wat bygevoeg word – dit is die ekstra opbrengs of waarde (bo dié van die indeks of maatstaf) wat ʼn kliënt of belegger danksy die besluite van die beleggingsbestuurder kry. Alfa sê egter nie genoeg ten opsigte van finansiële beplanning nie. Daar lê ontsaglik baie waarde opgesluit in omvattende finansiële beplanning en gesonde finansiële besluitneming.

Dis belangrik om te onthou – en maklik om te vergeet – dat die einddoel van omvattende finansiële beplanning verder strek as beleggingskeuse.

Vanguard, een van die grootste batebestuurders in die wêreld, het die konsep van “adviseursalfa” in 2001 bekend gestel. Hul algehele raming van adviseursalfa is 3% op ʼn netto grondslag (4% minus ʼn veronderstelde fooi van 1%). Die doel is om die fokus te verskuif van tradisionele doelwitte om die mark te oortref (d.i. tradisionele alfa) na wat as die beste praktyke van welvaartbestuur beskou word.

Beste praktyke van welvaartbestuur

Hierdie beste praktyke word in verskillende kategorieë verdeel, wat fokus op:

1.     Belastingdoeltreffendheid

2.     Koste

3.     Risikobestuur, en

4.     Goeie beleggingsbesluite.

Dit is interessant dat meer as 1.5% van hierdie 3% adviseursalfa afkomstig is van iets wat Vanguard gedragsafrigting noem – naamlik om aan kliënte ondersteuning te verleen om in tye van markwisselvalligheid op koers te bly.

Die algehele impak van goeie advies om 3% beter prestasie te lewer, kan aan die hand van ʼn voorbeeld verduidelik word:

Gestel ʼn goeie finansiële adviseur wat al hierdie dinge doen, vra ʼn fooi van 1% vir bates onder bestuur. ʼn Belegger wat self al bogenoemde kan doen, kan al hierdie voordele behou. Beleggers wat egter nie weet hoe om hierdie finansiële beplanningsaspekte doeltreffend toe te pas nie, of verkies om eerder hul energie en tyd elders te bestee, verbeur hierdie ekstra adviseursalfa. Selfs al het hulle op die adviesfooi van 1% bespaar, beland hulle uiteindelik deur hul eie toedoen in ʼn swakker finansiële posisie.

Gestel die totale markopbrengs is 8%. Sonder goeie finansiële besluitneming is die gekombineerde uitwerking van fooie, belasting en swak beleggingsbesluite ongeveer 4%, volgens Vanguard se studie. Dit beteken die belegger kry ʼn netto opbrengs van 4%. Iemand wat egter ʼn vertroude finansiële adviseur as vennoot het, skakel swak beleggingsbesluite uit, belê belastingdoeltreffend en betaal net die fooi van 1%, en kry ʼn netto opbrengs van 7%. Dit is die adviseursalfa, of die waarde wat die adviseur toevoeg. Die waarde wat goeie advies toevoeg, kan aansienlik meer wees as die fooie wat betaal word.

Kontak ons vandag vir ʼn afspraak waar ons die waardetoevoeging van holistiese finansiële beplanning binne jou beleggingsportefeulje kan ontsluit. Jou swaar verdiende spaargeld verdien om goed bestuur te word.

Sign Up for our Newsletters

Subscribe
For Myself For My Business For Professional Investors
About Research & Insights Contact Careers FAQ

Contact Us

+27 (21) 918 7800 info@psg.co.za PSG Head Office
The Edge, 3 Howick Close
Tyger Waterfront, Bellville
7530

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.

PSG Global Legal