Contact
Find an Adviser
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

Our research approach builds diversified portfolios, guided by long-term thinking. Invest with insight. Invest with PSG Asset Management.

See Overview
investors

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
    For Professional Investors
    Contact

For Myself

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

For My Business

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access
Find an Adviser

Start typing to search psg.co.za

25

October 2024

Die annuïteitraaisel

Morné Oosthuizen CFP®

Morné Oosthuizen CFP®

Wealth Manager

Die afgelope paar maande was lewensannuïteite skielik weer baie in die nuus. Ons ontvang weer vele navrae oor hierdie tipe aftreeproduk, en daarom kyk ons net weer na ʼn vergelyking tussen die lewensannuïteit en die lewende annuïteit, deur die voor- en nadele van elkeen op te weeg.
Pretoria East Newsletters Wealth Afrikaans
Die annuïteitraaisel

Kontak gerus  Morné Oosthuizen  direk, PSG Wealth adviseur.

Kom ons kyk eerstens na die lewensannuïteit. Hierdie produk betaal ʼn gewaarborgde inkomste vir die res van jou lewe. Daarmee saam het jy ʼn paar opsies:

  • Jy kan ʼn waarborgtermyn van 5, 10 of selfs 15 jaar byvoeg. As jy voor die einde van die waarborgperiode sterf, betaal die maatskappy die inkomste aan jou begunstigde totdat die ooreengekome periode verstryk. As jy egter langer as die waarborgperiode lewe, betaal hulle tot die dag van jou dood. Hoe langer die waarborgperiode is wat jy kies, hoe kleiner word die maandelikse inkomste wat jy ontvang.
  • Jy kan besluit om jou inkomste op ʼn vaste bedrag vas te stel, of jy kan kies om die inkomste jaarliks te verhoog – met VPI, of ʼn vaste persentasie van bv. 5%.
  • Jy kan kies om die inkomste betaalbaar te maak tot by die langslewende gade se dood. Dit beteken jou gade sal ook steeds die inkomste kan ontvang. Hier kan jy ook kies om net ʼn persentasie van die inkomste ná die eerssterwende se dood te laat betaal – bv. 75%.

Die belangrikste voordeel van hierdie tipe annuïteit is dat jy nie die beleggingsrisiko dra van onvoldoende kapitaal om die inkomste te kan betaal nie. Die vaste voordeel wat jy vir die res van jou lewe gekoop het, is nou die lewensmaatskappy se verantwoordelikheid. Daar is seker ʼn geringe risiko dat die lewensmaatskappy in die toekoms nie sy verantwoordelikheid sal kan nakom nie, maar na ons mening is dit ʼn redelik klein risiko.

Die grootste nadeel van ʼn lewensannuïteit is dat die kapitaal nie ná jou afsterwe na ander begunstigdes kan gaan nie. Verder is die annuïteit ook vas sodra jy hierdie opsie gekies het, en jy kan dit nie in die toekoms wysig nie.

Die tweede opsie is om jou aftreegeld in ʼn lewende annuïteit te belê. Met hierdie opsie dra jy jou geld oor na ʼn beleggingsmaatskappy wat namens jou die kapitaal belê. Jy dra dus nog steeds die beleggingsrisiko, omdat jy self saam met jou adviseur moet besluit hoe die geld belê word. Met hierdie produk het jy ook verskeie opsies:

  • Jy kies jou onderliggende beleggings en batetoewysing. Met ander woorde, jy kan byvoorbeeld al die geld aggressief in buitelandse aandele belê, baie konserwatief in die geldmark, of in ʼn kombinasie van aandele en geldmarkbeleggings.
  • Volgens die wet moet jy ʼn inkomste van tussen 2,5% en 17,5% per jaar ontvang. Indien jy gemiddeld 10% groei per jaar verwag maar 17,5% onttrek, gaan jou kapitaalwaarde afneem. As jy 2,5% inkomste trek, gaan jou kapitaalwaarde toeneem. As jy dus te veel inkomste trek, gaan jou kapitaal nie voldoende wees nie. As jy egter min genoeg trek, kan jou kapitaal volhoubaar wees en selfs in waarde toeneem.
  • Jy kan ook kies om die inkomste jaarliks, halfjaarliks, kwartaalliks of maandeliks te ontvang. Jy kan hierdie opsie slegs een keer per jaar uitoefen.

Die groot voordeel van die lewende annuïteit is dat jy een of meer begunstigdes kan kies wat die annuïteit by jou afsterwe ontvang. Hulle kan dan die annuïteit op dieselfde beginsel voortsit en ook weer begunstigdes benoem. Op hierdie wyse kan jy dus jou welvaart na volgende generasies oordra, wat nie moontlik is met die lewensannuïteit nie. Daar is ook ʼn groter mate van aanpasbaarheid ten opsigte van jou inkomste, aangesien jy dit jaarliks kan aanpas.

Nog ʼn groot voordeel is dat jou beleggingsgroei binne die lewende annuïteit belastingvry is. Die enigste belasting betaalbaar sal wees op die inkomste wat jy onttrek.

Die feit dat jy jou lewende annuïteit self moet bestuur, impliseer ʼn hoë mate van risiko. As jy dit nie deurlopend reg bestuur nie, bestaan die moontlikheid dat jou kapitaal nie volhoubaar sal wees nie. Die teendeel is egter ook waar – indien die opbrengste hoër is as verwag, kan jou beleggingskapitaal toeneem en addisionele welvaart skep.

Die laaste belangrike onderskeid is dat jy op ʼn later stadium kan besluit om van ʼn lewende annuïteit na ʼn lewensannuïteit oor te gaan, maar nie omgekeerd nie. Dit kan ook slegs met ʼn gedeelte van jou kapitaal gedoen word.

Wanneer jy moet besluit in watter een van hierdie opsies jy jou aftreegeld wil belê, is dit belangrik om nie net te kyk na die inkomste wat jy ontvang nie. Hier gaan die lewensannuïteit altyd die wenner wees in die vergelyking. Maar onthou, die rede daarvoor is dat jy al jou kapitaal aan die lewensmaatskappy afstaan. Daarom is dit nodig dat jy die balans tussen jou inkomstebehoefte en jou kapitaalbehoefte kry.

Alhoewel dit duidelik is dat albei tipes annuïteite bepaalde voor- en nadele het, sal die uiteindelike keuse afhang van elke individu se persoonlike omstandighede.

Become a client

Sign Up for our Newsletters

Subscribe
For Myself For My Business For Professional Investors
About Research & Insights Contact Careers FAQ

Contact Us

+27 (21) 918 7800 info@psg.co.za PSG Head Office
The Edge, 3 Howick Close
Tyger Waterfront, Bellville
7530

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.

PSG Global Legal