Contact
Find an Adviser
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

Our research approach builds diversified portfolios, guided by long-term thinking. Invest with insight. Invest with PSG Asset Management.

See Overview
investors

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
    For Professional Investors
    Contact

For Myself

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

For My Business

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access
Find an Adviser

Start typing to search psg.co.za

19

April 2024

Rykste mense op aarde

Dawie Klopper CFP® Wealth Manager

Dawie Klopper CFP® Wealth Manager

As ek sou vra wie die rykste mens op aarde is, sal die meeste mense antwoorde gee soos Elon Musk of Bill Gates of Warren Buffett. Wel, die korrekte antwoord (op die oomblik) is Elon Musk.
Pretoria East Newsletters Wealth Afrikaans
Rykste mense op aarde

Kontak gerus Dawie Klopper, PSG Wealth adviseur.

Daar is egter meer opgesluit in hierdie vraag as bloot net die antwoord wat jy in ’n vasvraspeletjie sal gee. Waaroor gaan rykdom of welvaart, of kan daar in relatiewe vorm ’n ander, dalk meer algemene antwoord wees wat van meer waarde is?

Mense wil ryk wees omrede dit hulle oënskynlik gelukkiger sal maak. Dan kan jy mos koop wat jou hart begeer, en jy kan selfs daarmee mors. As jou kleinseun dan met sy nat swemklere op jou nuwe bank sit, gaan dit nie saak maak nie. Of gaan dit? Dalk het hy maar net ’n gebrek aan respek?

Gaan rykdom dan oor respek of bewondering? Nee, glad nie. Ek het êrens die volgende definisie van respek raakgelees en ek kan nogal daarmee saamstem, selfs binne die konteks van my vraag hierbo.

Respek beteken dat jy iemand aanvaar vir wie hulle is, selfs wanneer hulle van jou verskil of jy nie met hulle saamstem nie. Respek in jou verhoudings bou gevoelens van vertroue, veiligheid en welstand. Respek hoef nie vanself te kom nie – dit is iets wat jy leer. So, ek behoort Musk en selfs die bedelaar op die straathoek te kan respekteer, selfs al stem ek nie saam met wat hulle doen of sê nie.

As rykdom daaroor gaan dat dit van jou ’n gelukkiger mens maak, dan moes daar dalk baie gelukkige mense in Hermanus en Stellenbosch en Zürich wees, wat nie noodwendig so is nie.

Nee, sê die tydskrif Psychology Today, gelukkige mense is mense wat doelgerig leef. Hulle vind vreugde in blywende verhoudings, het pertinente doelwitte en leef volgens hulle waardes. Die gelukkige persoon is nie net ingestel op materiële goedere of luukse vakansies nie. Hierdie persoon geniet die eenvoudige plesiertjies van die lewe – om ’n hond te vertroetel, onder ’n boom te sit en ’n koppie tee te geniet.

Angus Campbell, ’n Amerikaanse sielkundige wat navorsing gedoen het oor wat mense gelukkig maak, het in sy boek The sense of wellbeing in America geskryf om ’n sterk gevoel te hê dat jou lewe onder beheer is, is ’n meer betroubare voorspeller van positiewe gevoelens van welstand as enige van die objektiewe lewensomstandighede wat ons kon oorweeg het.

Is rykdom en welvaart dieselfde ding?

Nee, nie noodwendig nie. Rykdom is iets wat meer demonstratief ten toon gestel word. Daarenteen sal welvaart dalk baie meer diskreet hanteer word. Baie materiële besittings kan oënskynlik die indruk skep dat ’n persoon baie ryk is, maar wat dit nie sê nie, is hoeveel skuld daardie persoon aangegaan het om die nuwe huis of kar te koop. Dalk hoop so ’n persoon om respek en bewondering af te dwing met sy besittings, terwyl diegene wat hy wou beïndruk eerder die huis of die kar bewonder as die persoon wat dit besit.

Onthou julle nog my storie oor die onderwyser wat soveel welvaart gedurende sy lewe bymekaargemaak het? Hy was aan die einde van sy lewe hoogs tevrede om in ’n woonstel te bly wat vantevore ’n dubbelgarage was. Ek het sy welvaart onderskat, en so, glo ek, ook menige ander persoon.

Dus, waaroor gaan welvaart? Gaan dit oor respek, bewondering, rykdom, die waarde van jou beleggingsportefeulje of die geluk wat geld kan koop, of is daar meer as dit?

Dit is duidelik dat daar meer is. Ek het soveel kliënte wat oor die jare ’n goeie werk gehad het (ek dink aan ’n professor, ’n predikant, iemand wat ’n ingenieur by die WNNR was) en wat ’n redelik goeie pensioen en ander beleggings bymekaargemaak het en wat baie gelukkig is, of wat hulself as baie ryk en suksesvol beskou.

En dit is hoe dit moet wees, want volgens Morgan Housel is die rykste persoon daardie mens wat kan doen wat hy wil, wanneer hy wil, saam met wie hy wil, vir so lank as wat hy wil… en die mense wat ek hierbo beskryf het, kan presies dít doen binne die leefstyl wat hulle gelukkig maak. Hierdie mense dwing respek af en is duidelik gelukkig met wat andere as ’n eenvoudige leefstyl sou beskou.

Become a client

Sign Up for our Newsletters

Subscribe
For Myself For My Business For Professional Investors
About Research & Insights Contact Careers FAQ

Contact Us

+27 (21) 918 7800 info@psg.co.za PSG Head Office
The Edge, 3 Howick Close
Tyger Waterfront, Bellville
7530

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.

PSG Global Legal