Contact
Find an Adviser
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

Our research approach builds diversified portfolios, guided by long-term thinking. Invest with insight. Invest with PSG Asset Management.

See Overview
investors

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
    For Professional Investors
    Contact

For Myself

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

For My Business

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access
Find an Adviser

Start typing to search psg.co.za

05

May 2025

Hoe om die warboel in die markte met duidelikheid en doelgerigtheid te navigeer

Lorika Steyn CFP®

Lorika Steyn CFP®

Wealth Adviser

ʼn Paar jaar gelede het ek die plesier gehad om die pragtige Perlemoen-staproete oor vier dae in die omgewing van Pearly Beach in die Wes-Kaap aan te pak. Dit was ʼn wonderlike ervaring – die perfekte kombinasie van lesse en oefening wat my gewys het dat ʼn mens met die regte ingesteldheid en ondersteuning selfs die taaiste staproetes kan geniet. Hierdie avontuur het my waardevolle lesse geleer wat ongelooflik relevant is om die warboel in die markte met duidelikheid en doelgerigtheid te navigeer.
Pretoria East Newsletters Wealth Afrikaans
Hoe om die warboel in die markte met duidelikheid en doelgerigtheid te navigeer

Kontak gerus  Lorika Steyn  direk, PSG Wealth adviseur.

Hier is ʼn paar strategieë wat deur my ervaring op die Perlemoen-staproete geïnspireer is, wat jou sal help om positief te bly en wyse besluite te neem te midde van ʼn moeilike markklimaat:

  • Fokus op die lang termyn

Net soos ons staptog op die pragtige maar uitdagende Perlemoen-staproete, het jou beleggingsreis opdraande en afdraande. Op die staproete moes ons steiltes uitklim en klipperige paadjies trotseer, maar ons het bly fokus op die asemrowende uitsigte waarmee ons aan die einde begroet is. Onthou dat die mark deur siklusse beweeg, en dat korttermynskommelinge normaal is op jou beleggingsreis. Konsentreer op jou langtermyn-beleggingsdoelwitte en die groei wat met verloop van tyd verkry word, om jou op koers te help bly na ʼn gemaklike aftrede.

  • Bly ingelig

Ons gids op die Perlemoen-staproete het fassinerende insigte oor die flora en fauna, en die geskiedenis van Pearly Beach met ons gedeel. Die insiggewende inligting het die staptog ʼn meer verrykende ervaring gemaak en ons gehelp om die roete selfs nog meer te waardeer. Dit is net so belangrik om op hoogte te bly van marknuus en tendense in die mark. Raadpleeg betroubare inligtingsbronne om marktoestande beter te verstaan en ingeligte besluite te neem sonder om deur elke wisseling oorweldig te word.

  • Diversifiseer jou portefeulje

Op ons staptog het ons baie verskillende tipes landskap teëgekom – van sandstrande tot digte bosveld. Danksy hierdie afwisseling was ons staptog meer genotvol en minder eentonig. Insgelyks is die diversifikasie van jou beleggingsportefeulje van kardinale belang om risiko te bestuur. Versprei jou beleggings oor verskillende bateklasse en industrieë om die impak van wisselvalligheid in spesifieke areas te verminder. In onstuimige tye kan ʼn goed gediversifiseerde portefeulje stabiliteit verskaf.

  • Vermy impulsiewe reaksies

Toe ons tydens die staptog onverwagte uitdagings moes trotseer – soos skielike weersveranderings en ʼn seeleeu wat ons enigste pad vorentoe versper het – het ons bietjie angstig geraak, maar geweet ons het ʼn bekwame gids en dus geen rede tot paniek het nie. In plaas daarvan het ons ʼn oomblik stilgestaan om die situasie op te som, en weldeurdagte besluite geneem oor hoe om voort te gaan. Dit is net so belangrik om impulsiewe reaksies op markonstuimigheid te vermy. Emosionele besluite kan jou finansiële welstand skade berokken. Staan net ʼn oomblik stil, evalueer die situasie objektief en gesels met jou finansiële adviseur.

  • Fokus op wat jy kan beheer

Hoewel ons nie die weer of die terrein van die Perlemoen-staproete kon beheer nie, kon ons self ons staptempo, toerusting en ingesteldheid bepaal. Net so moet ʼn mens op jou beleggingsreis fokus op die faktore wat jy kan beheer – jou spaarkoers en bestedingsgewoontes, en jou beleggingstrategie. As jy op hierdie aspekte konsentreer, kan jy positief bly en voel dat jy in beheer van jou situasie is, ongeag hoe uitdagend marktoestande raak.

Net soos my onvergeetlike ervaring op die Perlemoen-staproete, kan navigasie van markonstuimigheid met ʼn positiewe ingesteldheid jou help om beter besluite te neem en op koers te bly. Span hierdie strategieë in om jou finansiële reis met duidelikheid en doelgerigtheid te bestuur.

Become a client

Sign Up for our Newsletters

Subscribe
For Myself For My Business For Professional Investors
About Research & Insights Contact Careers FAQ

Contact Us

+27 (21) 918 7800 info@psg.co.za PSG Head Office
The Edge, 3 Howick Close
Tyger Waterfront, Bellville
7530

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.

PSG Global Legal