Contact
Find an Adviser
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

Our research approach builds diversified portfolios, guided by long-term thinking. Invest with insight. Invest with PSG Asset Management.

See Overview
investors

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
    For Professional Investors
    Contact

For Myself

Build wealth, protect what matters, and plan with confidence. Trust PSG to guide your future.

See Overview

Personal Wealth Management

    Plan for Retirement Grow my Investments Stockbroking Manage my Estate Protect Against Risks

Personal Insurance Solutions

    Motor Insurance Home & Contents Liability & Accident Cover Value-Added Products SASRIA Cover

For My Business

Strengthen your workforce, manage risks, and secure your future. PSG advisers help you build a business that lasts.

See Overview

Employee Benefits

    Group Risk Consulting Retirement Fund Consulting

COMMERCIAL INSURANCE SOLUTIONS

    Commercial Property & Assets Motor Cover Liability Cover Specialist Cover

Business Assurance

    Buy-and-Sell Cover Keyperson Cover Contingent Liability Cover

ABOUT

    About PSG

CAREERS

    Careers Browse All Opportunities

Investor Relations

    Overview Financial Results Investor Information SENS & share data Corporate Governance
MyPSG Wealth Funds PSG Online All Platform Access
Find an Adviser

Start typing to search psg.co.za

23

November 2022

Beleggingsbeginsels: inflasie & rentekoerse

Jeandré Eygelaar CFP®

Jeandré Eygelaar CFP®

PSG Wealth

Beleggings kan gesien word as 'n baie tegniese, uitdagende taak vir 'n kliënt. Ons werk saam met jou om advies te gee wat gerugsteun word deur goeie beleggingstegnieke en -beginsels. Om dit minder skrikwekkend te maak, gaan ek 'n paar basiese beleggingsbenodigdhede uitpak sodat jy 'n beter begrip van hierdie dikwels komplekse konsepte kan kry.
Investments Wealth
Beleggingsbeginsels: inflasie & rentekoerse
" Inflasie verminder dus jou koopkrag, omdat jy nou meer geld nodig het om dieselfde produk of diens te koop as ’n jaar gelede. "

Ons ervaar die afgelope jaar dat rentekoerse styg en hoor ook gereeld die woord “inflasie”. Dit is belangrik om die impak hiervan op jou portefeulje te verstaan, asook om seker te maak dat jy in die regte bateklasse belê wat inflasie kan oortref.

Wat is inflasie?

Inflasie verwys na die styging in die algehele prysvlak van goedere en dienste. In Suid-Afrika word inflasie gemeet deur die Verbruikersprysindeks (VPI), wat verwys na die gemiddelde koste van ’n bepaalde “mandjie” goedere en dienste wat tipies deur die gemiddelde Suid-Afrikaner gebruik word. Teen einde September 2022 was die inflasiekoers (VPI) in Suid-Afrika 7.5% (StatsSA). Dit beteken dat die pryse van goedere en dienste die afgelope 12 maande tot einde September met gemiddeld 7.5% per jaar gestyg het. ’n Mandjie goedere wat jou verlede jaar byvoorbeeld R1 000 gekos het, gaan jou nou R1 075 kos.

Inflasie verminder dus jou koopkrag, omdat jy nou meer geld nodig het om dieselfde produk of diens te koop as ’n jaar gelede.

Wat veroorsaak inflasie?

Daar is hoofsaaklik twee tipes inflasie, nl. kostedruk-inflasie (cost push inflation) en vraagkant-inflasie (demand pull inflation):

  • Kostedruk-inflasie verwys na die toename in produksiekoste as gevolg van prysstygings in bv. grondstowwe en lone. Al bly die vraag na goedere en dienste dieselfde, neem die totale aanbod van goedere en dienste af as gevolg van die hoër inset-/produksiekoste. Eenvoudig gestel – wanneer dit duurder word om ’n produk of diens te lewer, gaan pryse styg. ’n Tekort aan ru-olie of gas laat byvoorbeeld die prys van brandstowwe styg. Dus word die hele proses duurder om die produk van grondstof tot eindproduk te kry. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het uiteraard ’n enorme impak op die globale voorsieningsketting en veroorsaak kostedruk-inflasie.
  • Vraagkant-inflasie verwys na die toename in die algehele vraag na goedere en dienste. Wanneer daar ’n beperkte aanbod van goedere en dienste is, maar die vraag daarna neem toe, beteken dit gewoonlik dat verbruikers bereid is om meer te betaal om die produk of diens te kry – gevolglik styg pryse.

Alhoewel totale vraag deur verskillende faktore bepaal kan word, kan die jongste toename in vraag toegeskryf word aan die feit dat geldvoorraad deur sentrale banke verhoog is – meer geld is gedruk en maatskaplike toelaes is betaal, met die gevolg dat daar meer kontant in die ekonomie was. Verder was rentekoerse bietjie meer as ’n jaar gelede nog op rekord-laagtepunte, wat beteken dat verbruikers meer bereid was om skuld aan te gaan en sodoende besteding te verhoog.

Hoekom styg rentekoerse?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gebruik onder andere rentekoerse om inflasie te beheer en binne hul teikenband van 3% – 6% te bring. Dit is een van die instrumente van monetêre beleid.

Die SARB se monetêre beleidskomitee (MBK) verlaag rentekoerse om die ekonomie te stimuleer deur besteding aan te moedig, en verhoog rentekoerse om die ekonomie te laat afkoel deur besteding te verminder.

Stygende rentekoerse beteken dat skuld duurder raak, maar beleggings in rentedraende instrumente lewer dan ook hoër opbrengste as tevore.

Jy wil graag “duur” skuld eerste afbetaal, maar tyd in beleggingsmarkte is ook uiters belangrik om inflasie te kan klop. Gaan die nabelaste opbrengs van rentedraende beleggings egter inflasie oor tyd kan oortref?

Kontak my gerus om jou unieke situasie te bespreek en die regte oplossings te vind.

Sign Up for our Newsletters

Subscribe
For Myself For My Business For Professional Investors
About Research & Insights Contact Careers FAQ

Contact Us

+27 (21) 918 7800 info@psg.co.za PSG Head Office
The Edge, 3 Howick Close
Tyger Waterfront, Bellville
7530

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.

PSG Global Legal